Die Zevenwacht-wynlandgoed se Z Collection Sauvignon Blanc 2023 pryk onder die wenners van vanjaar se FNB Sauvignon Blanc SA Top-10-kompetisie.
Sauvignon Blanc Suid-Afrika, FNB en Ever Solutions het die wenners van hierdie kompetisie vir die land se topverkoper-kultivar op Woensdag 16 Oktober by die De Meye-wynlandgoed in Stellenbosch aangekondig.
Uit die 160 wyne wat vanjaar deur 91 produsente ingeskryf is, het die 2023-oesjaar uitgestaan met sewe wenners in die top-10.
Ses van vanjaar se wenwyne is gehout, ’n styl wat oor die 18 jaar van die kompetisie toenemend ’n indruk begin maak het.
- Alvi’s Drift Reserve Sauvignon Blanc 2023 (gehout) – Worcester;
- Cederberg Wines Ghost Corner Wild Ferment 2023 (gehout) – Elim;
- Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2024 – Durbanville;
- Flagstone Free Run Sauvignon Blanc 2023 – Kusstreek;
- Hermanuspietersfontein Kat met die Houtbeen Sauvignon Blanc 2022 (gehout) – Walkerbaai;
- Iona Elgin Highlands Sauvignon Blanc 2024 – Elgin;
- Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc 2023 – Kaap Agulhas;
- Maastricht The Contour Sauvignon Blanc 2023 (gehout) – Durbanville;
- Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2023 (gehout) – Jonkershoekvallei.
’n Paneel vooraanstaande wynkenners onder leiding van die Kaapse wynmeester dr. Winifred Bowman het die kompetisie beoordeel.
“Sauvignon Blanc beleef ’n opwindende fase, soos die veelsydige style uit verskillende gebiede in die top-10 toon,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA.
“Die ses gehoute wenners wys hoe ons wynmakers hul vakmanskap inspan om verskillende elemente van hierdie edeldruif te ontwikkel, tekstuur te bou en lae by te voeg. Die uitstekende prestasie van die 2023-oesjaar bevestig weer die verouderingspotensiaal van Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc,” sê Botha.
Die 2024 FNB Sauvignon Blanc SA Top-10-versameling kan aanlyn by www.wineofthemonth.co.za gekoop word.
Besoek www.sauvignonblanc.com vir proe-notas en meer inligting.


