Die Wildebeeste-toutrekklub, wat tans by Jan Kriel-skool gevestig is, het vanjaar op aanvraag van junior (skool-) meisietoutrekkers wat graag op senior vlak wou deelneem, heropen, sê Vleis Visagie, toutrek-afrigter.
Visagie sê vanjaar was dit hoofsaaklik meisiespanne, maar van volgende jaar is die seuns ook welkom.
Vanjaar het die meerderheid van die klublede uit huidige en oud-leerders van Jan Kriel-skool bestaan.
Vir sommiges was dit hul eerste kennismaking met toutrek.
Visagie sê hy is baie trots dat ses meisies van die klub die WP C-span in hul eerste jaar van deelname aan senior kompetisies gehaal het.
Die span gaan van 21 tot 22 Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in George deelneem.
- Kontak Visagie by Wbtoutrek@gmail.com.


