Werkenemers kan verwag dat hul personeel van die noordelike voorstede (van Kaapstad) wat met die trein pendel, baie laat gaan wees vanoggend (Donderdag).
Metrorail het vertragings van tot 60 minute op die noordelike lyn aangekondig weens ‘n kragonderbreking.
In ‘n verklaring wat deur Metrorail op hul Facebook- en Twitterblaaie gelaai is, kondig dit aan dat daar sinjaal-onderbrekings by Muldersvlei en tussen Stikland en Brackenfell is.
Metrorail se T3206-lyn tussen Kuilsrivier en Bellville het ook gefaal.
Pasassiers wat gewoonlik die Wellington-lyn gebruik is ook aangeraai om alternatiewe vervoer te gebruik.


