Die Kuilsrivier-polisie maan die publiek, veral senior burgers, om baie versigtig te wees wanneer hulle geld by ’n kitsbank onttrek.
In die afgelope tyd het voorvalle van mense wat naby kitsbanke beroof word in die Kuilsrivier-omgewing toegeneem, sê AO Liesel Beukes, plaaslike polisiewoordvoerder.
“Wees bedag op mense wat in die omtrek rondhang of probeer om jou aandag af te trek of aanbied om te help.”
Beukes sê dit is meestal pensioenarisse wat geteiken word. “Ons versoek ouer mense om nie op hul eie na ’n kitsbank te gaan nie. Neem iemand saam, verkieslik ’n jonger familielid of vriend en nie ’n senior burger nie.’’
Beukes sê mense word dopgehou en soms agtervolg as hulle van die bank wegstap en dan gedreig om hul geld te oorhandig.
“Moenie groot bedrae trek nie”.


