Weerlose man (52) van Alta du Toit-nasorgsentrum vermis

Die Bellville-polisie en ander rolspelers is op soek na ’n inwoner van die Alta du Toit-nasorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes wat sedert gister (Donderdag 23 Januarie) vermis word.


Die Bellville-polisie en ander rolspelers is op soek na ’n inwoner van die Alta du Toit-nasorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes wat sedert gister (Donderdag 23 Januarie) vermis word.

Hy is blykbaar hoogs afhanklik van sy medikasie. Wayne Richard Mathews (52) word sedert omstreeks 15:00 vermis nadat hy die Pick n Pay-kruidenierswinkel in Boston glo vir middagete verlaat het. 

Mathews, ’n inwoner van die Alta du Toit-sentrum in Boston, is laas gesien toe hy glo op pad uit was vir middagete toe ’n vreemde wit voertuig naby hom stilgehou het. So vertel die sentrum se kommunikasiebeampte, Jaydin Thomas.

“Ons het tot dusver nog geen leidrade sedert sy verdwyning ontvang nie, behalwe dat die polisie besig is om kringtelevisiebeeldmateriaal (CCTV) van die gebied te ondersoek. Ons weet slegs dat hy omstreeks 15:00 by die winkelsentrum uitgestap het toe ’n wit voertuig langs hom stilgehou het. Ons is ook nie seker presies watter soort voertuig dit is nie.”

Mathews het laas ’n donkerkleirige uniform (Pick n Pay), ‘n  T-hemp en ’n kakiebroek aangehad. 

Dringende navrae aan die Bellville-polisie oor die soektog na Mathews is teen publikasietyd nog nie beantwoord nie. 

• Enigiemand met leidrade oor die vermiste man word versoek om die volgende mense te bel:Johan Jacobs (Alta du Toit-bestuurder): 082 787 9365 of Tracey by 071 146 0615, of Jennifer by 072 621 1222.

You need to be Logged In to leave a comment.