Vyf gearresteer met gesteelde treinstawe

Tussen die 21 Julie en 25ste Julie is elf gevalle van kabeldiefstal aangemeld.


Vyf
verdagtes van Epping en Belhar is op Donderdag 25 Julie deur
metrorail-beskermingsdienste in Epping gearresteer met gesteelde treinstawe en
ander goed, terwyl hulle op pad was na ‘n skrootwerf in Epping om dit te
verkoop.

Die verdagtes het reeds in die hof verskyn.

Volgens Riana Scott,
woordvoerder van Metrorail, word daar jaarliks 200 gevalle van gesteelde kabels
aangemeld en die treindienste word nie net vertraag nie, maar daar is ook baie
treine wat gekanselleer moet word.

Sy het ‘n beroep op die publiek gedoen om
kabeldiefstal by hul naaste polisiekantoor aan te meld en ook die skuldiges in
hul gemeenskap uit te wys.

Tussen die 21 Julie en 25ste Julie is elf gevalle
van kabeldiefstal aangemeld.

Die treindienste wat nadelig hierdeur getref word,
is op die treinlyn van Bellville, Strand, Wellington en Kraaifontein ondervind.

Treindienste op die Bishop Lavis-lyn is ook nou van die statistiek nadat die
vyf verdagtes met spoorstawe by die skrootwerf opgedaag het.

Die polisie van
Elsiesrivier ondersoek die saak.

You need to be Logged In to leave a comment.