Van links is Ronel Viljoen (Wyk 70-raadslid), Cecile Janse van Rensburg (Wyk 27-raadslid), Anne-Marie Watt (bestuurder van Meals on Wheels), Cheryl Visser (Wyk 1-raadslid), Elmarie Linde (parlementslid) en Alexandra Abrahams (parlementslid).


’n Vrouedag-geleentheid is verlede Woensdagoggend by die Tygerberg Meals on Wheels Community Services in Weimarstraat in Parow gehou.

Dié geleentheid was in die vorm van ’n middagtee ten bate van die organisasie, sê Cheryl Visser, Wyk 1-raadslid.

“Die gasspreker, Happiness Madzana, het gepraat oor die vrou en haar algehele gesondheid, insluitend fisieke en geestelike welstand,” sê Visser.

Anne-Marie Watt, bestuurder van die organisasie, sê die vroue het elkeen as individu ’n donasie gegee.

’n Vrouedag-geleentheid is verlede Woensdag by die Tygerberg Meals on Wheels in Weimarstraat in Parow gehou.

Happiness Madzana was die gasspreker.

“Tygerberg Meals on Wheels is ongelooflik dankbaar vir diegene wat hul harte vir die minderbevoorregte senior burgers oopmaak, en ons in staat stel om selfs meer gesinne en individue in nood te bereik wat vreugde en hoop deur gemeenskappe versprei. Ons is so geïnspireer deur hul deernis en toewyding om ’n sterker Suid-Afrika te bou,” sê Watt.

Vrouedag is op Vrydag 9 Augustus landwyd gevier.

You need to be Logged In to leave a comment.