Jasmine Williams word oorweldig deur die emosies nadat sy uitgevind het dat sy 'n huis gaan kry.
Jasmine Williams word oorweldig deur die emosies nadat sy uitgevind het dat sy ‘n huis gaan kry.

‘n Vrou van Bonteheuwel in Kaapstad is op die nippertjie opgespoor, anders het sy die kans van ‘n leeftyd verloor om ‘n huis van haar eie te kry.

Jasmine Williams is reeds 30 jaar op die behuisingslys en haar huis is onlangs voltooi. Daar was net een probleem – niemand kon haar opspoor nie.

Die plaaslike raadslid Angus McKenzie het dit sy taak gemaak om haar te gaan soek. “Ek het net in my hart gevoel ek moet dit doen, want vir iemand om so lank te wag en dan die geleentheid verloor, sou my gebreek het,” sê McKenzie.

Volgens McKenzie het Williams nie ‘n foon gehad nie en hy moes rondvra om vas te stel waar sy is. “Toe ek haar uiteindelik in die hande kry, het sy in trane uitgebars – trane van verligting; trane van vrees wat uiteindelik weg is en trane van iemand wat al soveel swaarkry ervaar het,” sê McKenzie.

‘n Mens kan in ‘n video wat McKenzie op sosiale media gedeel het, sien hoe Williams op haar knieë val en droewig huil. “Ek sê dankie vir die Here dat hy my uit die toestand haal waarin ek woon,” sê sy.

Die video wys verder die haglike toestand waarin Williams klaarblyklik in ‘n agterplaas woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article