Vrees bestaan dat ‘n grootskaalse taxi-oorlog in die Skiereiland kan uitbreek nadat ‘n hooggeplaaste lid van die Cape Amalgamated Taxi Association Maandag omstreeks 09:15 op die R300 doodgeskiet is.
Luidens ‘n polisieverklaring het die polisie op ‘n klagte gereageer en toe hulle op die toneel kom het hulle ‘n 32-jarige man met skietwonde aan sy liggaam gevind. “Die slagoffer is op die toneel dood verklaar. Twee ander mans is gewond en na ‘n hospitaal vervoer. Die motief vir die aanval vorm deel van die ondersoek. Die verdagtes het van die toneel gevlug,” sê sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder.Western Cape Mobility Minister Isaac Sileku has condemned the shooting that occurred op the R300 in Cape Town op Monday 20 October, which claimed the life of a mini-bus taxi official.
Intussen het die Wes-Kaapse mobiliteitsminister, Isaac Sileku die moord veroordeel. “My innige meegevoel gaan uit aan die familie, vriende en kollegas van die man wat so tragies doodgeskiet is. Hierdie geweldsmisdaad is kommerwekkend en veroordeel dit ten sterkste,” sê Sileku.
Sileku het ‘n beroep op publiek en die industrie-belanghebbendes gedoen om nie die spekuleer oor die motief vir die moord nie. “Ons is nie in ‘n posisie om te bevestig of die skietvoorval met die onenigheid tussen die twee taxi-organisasies, wat deur ons buitengewone maatreëls om roetes vir ‘n maand te sluit, te doen het nie. Ons al wag op amptelike bevestiging van die polisie af voor ons enige verdere kommentaar gaan lewer,” sê Sileku.
Hy het verder opgemerk dat daaglikse moniteringsisteme wat op die roetes ingestel is saal voortgaan en dat geen onderbrekings sedert die heropening van die roetes aangemeld is nie. “Ons fokus daarop om vrede, stabiliteit en veiligheid in die industrie te bewerkstellig en ons sal nie ‘n terugkeer na geweld verdra nie,” sê hy.
Kommentaar
In die kommentaar-afdelings van sosiale media gons dit behoorlik dat Maandag se aanval tot vergeldingsaanvalle kan lei.
Die moord volg slegs twee dae nadat verskeie taxi-roetes wat deur die Wes-Kaapse regering gesluit is, weer heropen is. Die sluiting het gevolg op dodelike geweld tussen Cata en Codeta (Cape Organisation for a Democratic Taxi Association).
TygerBurger het uitgereik na Nkululeko Sityebi, Cata-woordvoerder oor die skietery, maar het ná vele pogings nog geen terugvoer ontvang nie. Kommentaar sal in opvolgberigte bygevoeg word.
‘n Vrou van Delft wat van taxi-vervoer gebruik maak, sê sy en ander pendelaars vrees vir hul lewe. Sy het anoniem aan TygerBurger vertel dat sy en haar mede-pendelaars koue rillings gekry het toe die skietery rugbaar word. “Hulle (die taxi-eienaars) skiet gewoonlik eers op mekaar en daarna beland ons, die pendelaars, in die spervuur. Ons is ook te bang om van alternatiewe vervoer gebruik te maak, want die geskiedenis het bewys dat busse ook aangeval word wanneer die taxi-mense baklei,” sê die vrou.


