Een van die drie rowers betrokke in gister se rooftog by Romans Pizza by Okavango Crossing was glo ‘n voormalige werknemer van dié gewilde kos-franchise.

Só beweer ‘n huidige werknemer, wat anoniem wil bly.

“Die werknemers wat ten tye van die roof in die winkel was het hom glo erken,” is al wat sy kon sê.

Die rooftog het om ongeveer 16:00 plaasgevind.

“Een van die drie rowers het doodluiters by die winkel ingestap en die kassier beveel om die geld in die kasregister te oorhandig. Hy was gewapen. Die ander twee het buite gewag,” sê die werknemer.

Volgens ‘n bron het die drie mans met sowat R3 000 kontant weggekom.

Net die ses werknemers was tydens die roof in die winkel. Niemand is beseer nie.

‘n Woordvoerder van die Kraaifontein polisie het die insident bevestig.

“Alle bewerings word tans ondersoek,” het die woordvoerder gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.