Vodacom is
jammer en gaan gratis data gee aan al hul klante wat deur ’n onlangse
rekeningfout geaffekteer is.
Die
selfoonreus het sterk onder kritiek deurgeloop nadat talle gebruikers se lugtyd
en data Maandagaand net verdwyn het.
In ’n
verklaring wat Woensdagmiddag (23 Augustus) uitgereik is, het Vodacom gesê hulle gaan 500MB data gratis, en bykomend tot enige terugbetalings, aan geaffekteerde rekeninghouers verskaf.
Dié
data-pakket moet egter binne drie dae van ontvangs gebruik word.
Shameel
Joosub, hoof van die Vodacom-groep, het die fout aan ’n “konfigurasie-verandering” in hul rekeningstelsel toegeskryf.
“So ’n fout
het nog nooit gebeur nie en ons het stelsels in plek gesit om te verhoed dat
dit ooit weer gebeur,” het hy gesê.
“Ons hoop
ons klante sal die gebaar, asook die apologie, aanvaar.”