Die Hoërskool Durbanville was onstuitbaar en het vir die vierde agtereenvolgende jaar die interskole-atletiekbyeenkoms Vrydag by die Groenpunt-stadion gewen teen The Settlers en Fairmont.

The Settlers het die dirigent- en geesbeker gewen.

Ashton Ryan (The Settlers) het die beste prestasie vir seuns gelewer met sy tyd van 14,10 in die 110 m-hekkies vir seuns o.17. 

Die beste prestasie deur ’n meisie was Durbanville se Chené Bosch, wat ’n blitsige tyd van 11,80 in die 100 m vir meisies o.19 gehardloop het.

Sestien rekords is opgestel:

Gewigstoot (seuns o.14):  Rocco Nortje (Durbanville) 16,17;

100 m-hekkies (seuns o.15): Dillon Oppelt (Durbanville) 13,90;

110 m-hekkies (seuns o.17): Ashton Ryan (The Settlers) 14,10;

110 m-hekkies (seuns o.19): Jarrod Grunewald (Fairmont) 15,50;

1 500 m (meisies o.15): Amanda Vroon (Fairmont) 5:03,40;

1 500 m (seuns o.15): Chandon Adams (The Settlers) 4:24,60;

100 m (seuns o.15): Daren Brown (Durbanville) 11,10;

100 m (seuns o.17): Will Vraagom (Durbanville) 10,90;

800 m (meisies o.15): Amanda Vroon (Fairmont) 2:29,60;

diskus (seuns o.14): Rocco Nortje (Durbanville) 44,89;

200 m (seuns o.14): Daiman Titus (Durbanville) 23,30;

Gewigstoot (dogters o.17): Danielle Fredericks (Durbanville) 10,97;

Verspring (meisies o.14): Daniëlle Roux (Durbanville) 4,77;

Spiesgooi (meisies o.14): Ané le Roux (Durbanville) 30,51;

3 000 m (seuns o.15): Chandon Adams (The Settlers) 9:35,86;

3000 m (meisies o.15): Paige Douglas-Henry (Fairmont) 11:56,78.

Die volgende atlete is aangewys as victor en victrix ludorum: Daniëlle Roux (meisies o.14, Durbanville); Chiara Sutherland (meisies o.15, Durbanville); Emily Wilson (meisies o.17, Fairmont); Joana Padré (meisies o.19, The Settlers); Rocco Nortje (seuns o.14, Durbanville); Daren Brown (seuns o.15, Durbanville); Ashton Ryan (seuns o.17, The Settlers) en Juanré de Klerk (seuns o.19, Durbanville).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article