Vierde wen vir Durbies

Die beste prestasie deur ’n meisie was Durbanville se Chené Bosch, wat ’n blitsige tyd van 11,80 in die 100?m vir meisies o.19 gehardloop het.


Die Hoërskool Durbanville was onstuitbaar en het vir die vierde agtereenvolgende jaar die interskole-atletiekbyeenkoms Vrydag by die Groenpunt-stadion gewen teen The Settlers en Fairmont.

The Settlers het die dirigent- en geesbeker gewen.

Ashton Ryan (The Settlers) het die beste prestasie vir seuns gelewer met sy tyd van 14,10 in die 110 m-hekkies vir seuns o.17. 

Die beste prestasie deur ’n meisie was Durbanville se Chené Bosch, wat ’n blitsige tyd van 11,80 in die 100 m vir meisies o.19 gehardloop het.

Sestien rekords is opgestel:

Gewigstoot (seuns o.14):  Rocco Nortje (Durbanville) 16,17;

100 m-hekkies (seuns o.15): Dillon Oppelt (Durbanville) 13,90;

110 m-hekkies (seuns o.17): Ashton Ryan (The Settlers) 14,10;

110 m-hekkies (seuns o.19): Jarrod Grunewald (Fairmont) 15,50;

1 500 m (meisies o.15): Amanda Vroon (Fairmont) 5:03,40;

1 500 m (seuns o.15): Chandon Adams (The Settlers) 4:24,60;

100 m (seuns o.15): Daren Brown (Durbanville) 11,10;

100 m (seuns o.17): Will Vraagom (Durbanville) 10,90;

800 m (meisies o.15): Amanda Vroon (Fairmont) 2:29,60;

diskus (seuns o.14): Rocco Nortje (Durbanville) 44,89;

200 m (seuns o.14): Daiman Titus (Durbanville) 23,30;

Gewigstoot (dogters o.17): Danielle Fredericks (Durbanville) 10,97;

Verspring (meisies o.14): Daniëlle Roux (Durbanville) 4,77;

Spiesgooi (meisies o.14): Ané le Roux (Durbanville) 30,51;

3 000 m (seuns o.15): Chandon Adams (The Settlers) 9:35,86;

3000 m (meisies o.15): Paige Douglas-Henry (Fairmont) 11:56,78.

Die volgende atlete is aangewys as victor en victrix ludorum: Daniëlle Roux (meisies o.14, Durbanville); Chiara Sutherland (meisies o.15, Durbanville); Emily Wilson (meisies o.17, Fairmont); Joana Padré (meisies o.19, The Settlers); Rocco Nortje (seuns o.14, Durbanville); Daren Brown (seuns o.15, Durbanville); Ashton Ryan (seuns o.17, The Settlers) en Juanré de Klerk (seuns o.19, Durbanville).

You need to be Logged In to leave a comment.