Vier werknemers van Shoprite sterf in ongeluk

Vier mense wat almal by Shoprite se hoofkantoor in Brackenfell werksaam was, het Woensdagaand in ’n gru-ongeluk in Jacobsbaai gesterf.


Vier mense wat almal by Shoprite se hoofkantoor in Brackenfell werksaam was, het Woensdagaand in ’n gru-ongeluk in Jacobsbaai gesterf.

Die ongeluk het skuins voor tien plaasgevind, na wat berig word.

“ ’n Jeep Cherokee wat nie by ’n stopstraat gestop het nie, het in ’n Toyota Corolla met vyf insittendes vasgejaag,” het ’n polisiewoordvoerder gesê.

Vier insittendes van die Corolla is oorlede. Slegs die bestuurder, wat ook ’n werknemer van Shoprite is, het die voorval oorleef en is tans in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Die Corolla was van Vredenburg na Saldanha onderweg.

Die bestuurder van die Jeep word vir ernstige beserings behandel.

’n Woordvoerder van Shoprite het die voorval bevestig.

“Die maatskappy is diep getref met dié verlies en salueer hierdie lojale werknemers vir hul onbaatsugtige bydrae tot die maatskappy reg tot die  bittereinde. Ons betuig ons innige meegevoel met al die families in dié uiters moeilike tyd. Die maatskappy sal ook in kontak kom met al die onderskeie families om hulle by te staan met die nodige reëlings,” het die woordvoerder Vrydagmiddag gesê.

Die polisie het nog nie die name van die oorledenes bekendgemaak nie.

You need to be Logged In to leave a comment.