Credit: Nthabiseng Madumo

Vier mans gaan elkeen vir 22 jaar lank tronk toe nadat hulle twee jaar gelede die McDonald’s in Durbanville beroof het.

Die vier mans, Luthando Mjabeka (24), Yonela Mhlanganiso (26), Anathi Nombuthuma (33) en Thembinkosi Zumani (29,) het in April 2015 op die restaurant toegeslaan en R12 500 gesteel.

Hulle is op die toneel in hegtenis geneem.

Die staat het 11 getuies tydens die hofsaak in die Bellville-streekhof geroep, het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.

Die rowers is elkeen  tronkstraf opgelê vir gewapende roof en onwettige  besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. 

You need to be Logged In to leave a comment.