Derduisende liters water het gister (Woensdag 4 Oktober) vir ongeveer ses ure aaneen uit ‘n gebarste pyp in Brackenfell geborrel. 

Bekommerde inwoners het die lekkasie net ná 10:00 die oggend aan die Stad gerapporteer, wat egter eers om sowat 16:00 gereageer het. 

Nadat die lek toe Woensdag laatmiddag reggemaak is, het die weer Donderdagoggend begin uitsypel. Die meegaande video’s is deur ‘n inwoner aan TygerBurger gestuur.

Die volledige storie sal in die TygerBurger Brackenfell-uitgawe van Woensdag 11 Oktober verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.