Die polisie is op soek na die man wat betrokke was by die
ontvoering van ’n agtjarige meisie in Goodwood op Saterdag 1 September.
Volgens
’n verklaring van sers. Noloyiso Rwexana is foto’s van die verdagte van
kamerabeeldmateriaal af verkry.
Die verdagte het blou jeans, ’n blou-en-swart
baadjie en swart tekkies aangehad ten tyde van die voorval. Die man het vanaf
Goodwood met die kind langs die spoorlyn in die rigting van Century City
gestap.
Die kind kon daarin slaag om weg te kom en hulp te soek.
Die identiteit
van die verdagte is nog onbekend. ’n Saak van ontvoering word ondersoek.
Skakel
ao.Edward Jaftha van die Bellville- kinderbeskermingseenheid by 021 590 1001 of 082 522 1095 met enige
inligting.