Drie mans wat vermoedelik deel is van ‘n koevoetbende is vandag (17 Mei) ná ’n wilde jaagtog gevang.
Adjudant-offisier Henrietta van Niekerk, woordvoerder van die Bellville-polisie, het gesê ’n verdagte voertuig is vroeër vandag deur nommerplaat-herkenningskameras (LPR) in Durbanville herken.
Die polisie het die voertuig agternagesit en ’n jaagtog tot in Bellville het gevolg waarna die verdagtes ’n ongeluk gemaak het.
Volgens Van Niekerk was die voertuig ’n gehuurde motor.
“Die een verdagte is op die ongelukstoneel gearresteer, terwyl die ander twee verdagtes te voet die Transnetterrein in is… hulle (is) agternagesit en albei (is) op die Transnetterrein gearresteer,” het Van Niekerk gesê.
Die verdagtes van onderskeidelik 20, 20 en 21 jaar oud, is almal van Nyanga.
“Hulle word positief verbind met huisbraaksake in Brackenfell en Durbanville”.
Hulle word aangehou vir die besit van gesteelde eindendom.