Die tou by die NG kerk Kuilsrivier om 17:40 op stemdag.FOTO: Carina Roux


Sowat 16,2 miljoen Suid-Afrikaners – of 58% van geregistreerde kiesers – het verlede week hul kruisies in die nasionale en provinsiale verkiesing getrek.

Die opkoms by stempunte in Kuilsrivier was beter as die nasionale gemiddelde. By net drie van die agt stempunte van Wyk 11 (wat in geheel binne Kuilsrivier val) het minder as 70% van die geregistreerde kiesers opgedaag.

Die opkoms was by sommige punte soortgelyk as in 2019 of selfs swakker. By die karavaanpark was 464 meer mense geregistreer as in 2019. Toe het 3 349 van 3 635 geregistreerdes (92,1%) daar gestem teenoor 3 266 van 4 099 (79,6%) vanjaar.

Die stempunt by De Eike-kerk het die meeste kiesers in Kuilsrivier gehad soos die lang rye getuig het. Daar was 1 096 meer mense geregistreer as in 2019 en 899 meer kiesers het vanjaar daar gestem (3 629 teenoor 2 730 in 2019).

Kalkfontein

By die ander vier stempunte (twee in Wyk 19, en een elk in Wyk 8 en 14) wat geografies in Kuilsrivier val – met Stellenbosch-hoofverkeersweg as grens – was die opkoms ook meer as 70% met die uitsondering van die stempunt by die Laerskool Kalkfontein (Wyk 19), wat die laagste opkoms gehad het (52,7% teenoor 64,7% in 2019).

Kalkfontein was ook die enigste stempunt waar die ANC op die nasionale stembrief die meeste stemme gekry het (34,5% teenoor 31,1% vir die DA). Provinsiaal was daar 10 stemme meer vir die DA (32,7% teenoor 32,2% vir die ANC).

By die ander 11 stempunte het die DA die volstrekte meerderheid steun gekry: nasionaal tussen 57% (by Kuils River Technical High School, Highbury) en 80% (by Alta du Toit-skool, Amandelsig) en provinsiaal tussen 57% en 83%.

Die DA het op provinsiale vlak bykans oral effe meer steun gekry as nasionaal.

By die KTHS-stempunt in Highbury het die CCC (Cape Coloured Congress) nasionaal slegs 52 stemme (1,6%) gekry maar provinsiaal 440 (13,6%). By KTHS was vanjaar 872 meer mense geregistreer maar met 477 meer wat daar gestem het was die opkoms effens minder as die 79,4% in 2019.

Zackie Achmat was die enigste onafhanklike kandidaat (wat op die nuwe streekstembrief verskyn het) wat plaaslik by talle van die stempunte ’n aantal stemme kon kry. Die beste vir Achmat was 1,8% (22 stemme) by die Bethesda Assembly of God-stempunt in Sarepta

Wyk 11
  • NG Kuilsrivier, Kerkplein

Kiesers: 2 695 (69,33%) van 3 887 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 2 030 (75,3%), ANC 118 (4,3%), EFF 118 (4,3%), PA 109 (4%), VF Plus 86 (3,1%);

Provinsiaal: DA 2134 (79,1%), PA 133 (4,9%), EFF 87 (3,2%), ANC 74 (2,7%), VF Plus 62 (2,3%).

  • Alta du Toit-skool

Kiesers: 2 754 (83,5%) van 3 298 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 2194 (80,2%); VF PLUS 120 (4,3%); ACDP 84 (3%); ANC 81 (2,9%); PA 73 (2,6%); EFF 50 (1,8%);

Provinsiaal: DA 2285 (82,7%); VF PLUS 151 (5,4%); ACDP 77 (2,7%); PA 75 (2,7%); ANC 54 (1,9%).

  • Kuilsrivier-karavaanpark

Kiesers: 3 266 (79,6%) van 4 099 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 2 332 (71,4%); ANC 211 (6,4%); EFF 163 (5%); PA 157 (4,8%); ACDP 74 (2,2%); VF PLUS 72 (2,2%); BOSA 35 (1%);

Provinsiaal: DA 2446 (76,4%); PA 158 (4.9%); ANC 150 (4,6%); EFF 98 (3%); ACDP 75 (2,3%); CCC 59 (1,8%); VF PLUS 56 (1,7%); GOOD 41 (1,2%).

  • Laerskool Irista, Sarepta

Kiesers: 1 813 (62,93%) van 2 881 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 1 126 (62,3%), PA 326 (18%), ANC 94 (5,2%), ACDP 85 (4,7%), EFF 48 (2,6%);

Provinsiaal: DA 1 145 (62,9%); PA 334 (18,3%); ACDP 88 (4,8%); ANC 70 (3,8%); CCC 53 (2,9%); ARA 27 (1,4%); EFF 25 (1,3%); GOOD 22 (1,2%).

  • Bethesda Assembly of God, Sarepta (97100142):

Kiesers: 1 263 (67,3%) van 1 875;

Nasionaal: DA 844 (67%); PA 139 (11%); ANC 73 (5,8%); ACDP 49 (3,9%); EFF 39 (3,1%); BOSA 24 (1,9%); Rise 18 (1,4%); GOOD 16 (1,2%); CCC 16 (1,2%); Action SA 13 (1%);

Provinsiaal: DA 839 (67,8%); PA 150 (12,1%); ACDP 49 (3,9%); ANC 47 (3,8%); CCC 37 (2,9%); EFF 28 (2,2%); GOOD 25 (2%).

  • Western Cape Sport School

Kiesers: 1 113 (72,79%) van 1 529;

Nasionaal: DA 743 (67%); PA 104 (9,3%); ANC 73 (6,5%); EFF 47 (4,2%); ACDP 36 (3,2%); Action SA 23 (2%); CCC 21 (1,8%); GOOD 16 (1,4%); BOSA 14 (1,2%);

Provinsiaal: DA 785 (70,4%); PA 110 (9,8%); CCC 42 (3,7%); ACDP 37 (3,3%); ANC 34 (3%); EFF 30 (2,6%); GOOD 28 (2,5%); ACTION SA 14 (1,2%).

  • Step Ahead, Mabille Park

Kiesers: 1 083 (85,2%) van 1 270 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 2 030 (75,3%); ANC 118 (4,3%); EFF 118 (4,3%); PA 109 (4%); VF PLUS 86 (3,1%); ACDP 51 (1,8%);

Provinsiaal: DA 2134 (79,1%); PA 133 (4,9%); EFF 87 (3,2%); ANC 74 (2,7%); VF PLUS 62 (2,3%); ACDP 46 (1,7%).

  • AGS-kerk Sarepta (Samuelstraat)

Kiesers: 1 347 (73,4%) van 1 833 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 966 (71,9%); PA 104 (7,7%); ANC 63 (4,6%); ACDP 52 (3,8%); EFF 37 (2,7%);

Provinsiaal: DA 1002 (74%); PA 108 (7,9%); ACDP 46 (3,4%); ANC 45 (3,3%); CCC 37 (2,7%).

Wyk 14
  • Kuilsrivier-rugbyklub

Kiesers: 3 070 (79%) van 3 883 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 2 355 (76,7%); ANC 142 (4,6%); PA 115 (3,7%); EFF 112 (3,6%); VF Plus 78 (2,5%);

Provinsiaal: DA 2 444 (80,3%); PA 134 (4,4%); ANC 92 (3%); EFF 67 (2,2%); ACDP 62 (2%).

Wyk 8
  • NG kerk De Eike, Soneike

Kiesers: 3 629 (75,1%) van 4 828 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 2722 (75,3%); ANC 181 (5%); EFF 173 (4,7%); ACDP 104 (2,8%); PA 93 (2,5%); VF Plus 93 (2,5%); BOSA 43 (1,1%);

Provinsiaal: DA 2787 (78,9%), PA 125 (3,5%); EFF 114 (3,2%); ANC 109 (3%); ACDP 103 (2,9%);

VF PLUS 74 (2,1%); GOOD 37 (1%).

Wyk 19
  • Laerskool Kalkfontein

Kiesers: 2 470 (52,97%) van 4 663 geregistreerdes;

Nasionaal: ANC 843 (34,5%); DA 762 (31,1%); PA 353 (14,4%); EFF 234 (9,5%); ACDP 55 (2,2%); CCC 30 (1,2%); UDM 25 (1%);

Provinsiaal: DA 786 (32,7%); ANC 776 (32,2%); PA 361 (15%); EFF 240 (9,9%); ACDP 61 (2,5%), CCC 36 (1,5%).

  • Kuils River Technical High School, Highbury:

Kiesers: 3 113 (74,3%) van 4 188 geregistreerdes;

Nasionaal: DA 1 769 (57,2%); ANC 366 (11,8%); PA 334 (10,8%); EFF 248 (8%); ACDP 89 (2,8%); CCC 52 (1,6%); MK 39 (1,2%);

Provinsiaal: DA 1 834 (56,8%); CCC 440 (13,6%); PA 300 (9,3%); ANC 262 (8,1%); EFF 173 (5,3%); ACDP 82 (2,5%); GOOD 37 (1,1%).

You need to be Logged In to leave a comment.