As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene – daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne.
In My Boetie se Sussie se Ou is dit 18 jaar later en het John twee gesinne in verskillende dele van Londen, albei dolgelukkig en salig onbewus van mekaar.
Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op sosiale media raak gesels en besluit om in lewende lywe te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat. Hy moet spook om hulle uitmekaar te hou.
My Boetie se Sussie se Ou is die Afrikaanse verwerking van Ray Cooney se Caught in the Net, onder regie van Frans Swart.
Klug op sy beste
Swart sê die stuk is een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou.

“Daardie ‘laugh per minute’. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ‘n mens beter laat ontspan as lag nie.
“Daarom is dit vir Lefra Produksies so ‘n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek baie goed.”
Die skreeusnaakse klug is by die Hoërskool Durbanville op die planke vanaf Vrydag 31 Oktober tot Sondag 2 November.
Vertonings is Vrydag om 20:00, Saterdag 15:00 en 20:00 en Sondag om 15:00.
*Bespreek by www.LTickets.co.za of skakel 011 815 3000.


WEN KAARTJIES NA MY BOETIE SE SUSSIE SE OU BY DIE DURBANVILLE
Vyf van ons lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen om My Boetie se Sussie se Ou te gaan sien by die Hoërskool Durbanville op Vrydag 31 Oktober. Besprekings is by www.LTickets.co.za of 011 815 3000. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende aan 37338 te SMS: Tyger, dan jou naam, van, e-posadres en stad of dorp. Sluitingsdatum: Sondag 26 Oktober. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en die beslissing van die organiseerders is finaal. SMSe kos R1,50 elk en daar is geen beperking op die hoeveelheid SMS’e wat jy stuur nie. B’s en V’s geld.






You must be logged in to post a comment.