Die Brackenfell-polisie is op soek na ’n verdagte wat die polisie kan bystaan met die ondersoek na die gewapende roof wat op 18 Oktober by Joey’s Slaghuis in Ou Paarlpad plaasgevind het.
Vier rowers het om 17:15 op dié winkel in Higgropark toegeslaan. Dit was die tweede keer sedert Desember verlede jaar dat die slaghuis onder rowers deurgeloop het.
Konst. Noloyiso Rwexana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, doen ’n beroep op enigiemand wat weet waar dié man homself bevind, om asseblief dadelik die ondersoekbeampte, konst. Juan Pretorius, te bel by 082 0750 111.
Verdagte in slaghuisroof gesoek
Dit was die tweede keer sedert Desember verlede jaar dat die slaghuis onder rowers deurgeloop het.
Share this post:

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.