Op Donderdag 16 Oktober het die raadslid vir Wyk 70, Ronel Viljoen, die nuwe buurtwag-veiligheidsbeamptes aan belanghebbendes in die wyk voorgestel. Viljoen het ook gesê die buurtwag-veiligheidsbeamptes se begroting vir 2025-’26 is goedgekeur. Elke wyk het een sersant en vier tot vyf lede in die span. Die spanne is al sowat ‘n maand in die wyk besig. Viljoen het hulle egter eers Donderdag aan die rolspelers in die wyk bekendgestel omdat sy wil hê hulle moet ‘n goeie verhouding met inwoners opbou. Die gemeenskap word aangeraai om enige wetstoepassingskwessies by 021 480 7700 te rapporteer.
Veiligheidsbeamptes in wyk 70 bekendgestel
|
Deel die berig:





