Ek verwys na vele briewe in die TygerBurger oor hondebolle en leibande.
Ek woon in Boston, Bellville in die onderste lane. Hondeienaars loop graag met hul mooie honde met leibande aan.
Ek ry of stap in die lane en sien dat geen eienaar met ‘n “brakkiesakkie” toegerus is nie.
Die eienaars neem hul honde vroegoggend of vroegaand uit vir uitstappies. Die uitstappies laat nie eens ‘n hond toe om te snuffel nie, maar daar word ‘n tydjie gewag vir hond om sy bolle agter te laat.
Talle huise in Boston het bome voor, so die eienaar “rus” heerlik in die skadu van die bome en hondebolle kom dus gereeld onder die bome voor.
Ek tel die bolle op, maar het nou genoeg gehad. Ek is ‘n gekwalifiseerde hondegedragskonsultant en uit die bolle kan ek agterkom die arme honde eet goedkoop hondekos en kry baie bene. Die arme honde kan dus net ontlas as hy of sy vir ‘n uitstappie gaan. Ek kry die hond jammer en nie die eienaar nie.
In die toekoms gaan ek die eienaar inloop, ‘n sakkie gee en toesig hou terwyl die bolle opgetel word.
Lees gerus die Stad Kaapstad se bylae 2021, Gazette 8527 van 9 Desember 2021.
Ek het nou ‘n kamera opgerig – gemik op die sypaadjie met ‘n uitstekende beeld.
Ek weet van al die honde in my omliggende gebied. Volgende keer is ek en die munisipalteit op jou sypaadjie. Die strate is vol plastieksakke, so gebruik dit en gooi die sak dan in jou drom.
Annabè Maritz, Boston