Ek vind die gedrag van sommige van die taxi-bestuurders wat studente na hul kollege in Panorama vervoer totaal onaanvaarbaar.

Hulle gebruik die oop stuk grond tussen Plattekloofweg en die Plattekloof-winkelsentrum as toilet ten aanskoue van die mense – insluitende oorsese besoekers – wat die koffiewinkel by die sentrum besoek om ‘n koppie koffie daar en die panoramiese uitsig oor die Kaapse Skiereiland te geniet.

Hierdie gedrag in ‘n openbare ruimte behoort nie geduld te word nie en die Stad Kaapstad sal derhalwe dringend aan hierdie saak aandag moet gee.

My voorstel sal wees, indien daar geen ander alternatief is nie, om draagbare toilette daar te laat oprig en hierdie mense te beboet indien hulle nie daarvan gebruik maak nie.

Gerrit Horn, E-POS

You need to be Logged In to leave a comment.