Tweede vrou in Bonteheuwel in Vrouemaand vermoor

Vrouemand in Bonteheuwel het twee dooie vroue opgelewer.


Vrouemand in Bonteheuwel het twee dooie vroue opgelewer.

Só sê Angus McKenzie, die raadslid van Bonteheuwel, nadat die liggaam van die 21-jarige Jade Adams verlede Maandag langs die Metropolitan-sportveld opgetel is. “Sy is na die moordtoneel gebring en brutaal vermoor. Dit is baie hartseer wat ons hier gesien het, en dít tydens Vrouemaand,” sê McKenzie.

McKenzie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom wat tot ’n inhegtenisneming kan lei. “Sy het nie alleen gekom tot by die plek waar sy vermoor is nie. Iemand het saam met haar tot daar gekom waar sy vermoor is en iemand moes hulle saam gesien het,” sê McKenzie.

Sers. Samantha Adonis, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op die oggend van die moord omstreeks 10:45 op die toneel gekom. “In die gang langs die sportveld is die 21-jarige oorledene se liggaam met verskeie steekwonde aan die nek en hande gevind. Sy is op die toneel dood verklaar. Dit is in hierdie stadium nie seker wanneer die moord plaasgevind het nie,” sê Adonis.

’n Saak van moord word ondersoek en die polisie het die publiek se hulp gevra om met inligting na vore te kom.

You need to be Logged In to leave a comment.