Twee mans is in Bellville gearresteer nadat duisende rande
se dwelms by hul gevind is.
Volgens lt. kol. Fienie Nimb, woordvoerder van die
Bellville-polisiekantoor, het die voorval Saterdagaand by die berugte Parksig
Villas-woonkompleks in Sanlamhof plaasgevind.
Polisiebeamptes was besig om die kompleks te monitor toe
hulle ’n man gewaar wat aan hul bekend is as ’n bendelid..
“Hulle het die man deursoek en 100 mandrax-tablette by hom
gekry,” vertel Nimb.
Die polisie het die motorhuis deursoek waar die man gestaan
het en op nog dwelms afgekom.
Volgens Nimb is die geskatte waarde van die dwelms R30000.
Twee mans is deur konst. Timothy Thomas en ao. Tessa Grain
is in hegtenis geneem.