Twee leerders van die Laerskool Mikro, Annegret Visagie (gr. 3) en Hannahlize Neethling (gr. 5), het aan Santam se jaarlikse kinderkuns-kompetisie met die tema “My best moment ever” deelgeneem.
Albei leerders se kunswerke is gekies om deel van Santam se aanlynkunsuitstalling volgende jaar te wees. Die leerders het elkeen ‘n sertifikaat en ‘n goue medalje vir hul kunswerke ontvang.


Annegret se kunswerk ‘Milky Way Surfing’ is ook uit 2 700 kunswerke gekies as een van die 12 werke wat in Santam se 2026-kalender sal verskyn.
Santam het vir haar ‘n pragtige afdruk van haar kunswerk op doek, vir die gebruik van haar kunswerk, gestuur.



You must be logged in to post a comment.