Tsjekof-stuk ’n móét

Met ’n rolverdeling om een van die eerste ware moderne teaterstukke gestand te doen, bied Saartjie Botha met trots die Afrikaanse vertaling van Anton Tsjekof se drama Die Seemeeu aan. Dié klassieke verhaal van onbeantwoorde liefde, soeke na sukses, aftakeling en vervulling het vol sale by Aardklop, die KKNK en die Woordfees gelok. Nou is…


Met ’n disfunksionele familie en vodka spreek Anton Tsjekof allerdagse emosies in Die Seemeeu aan.

FOTO:
Niël Vosloo

Met ’n rolverdeling om een van die eerste ware moderne teaterstukke gestand te doen, bied Saartjie Botha met trots die Afrikaanse vertaling van Anton Tsjekof se drama Die Seemeeu aan.

Dié klassieke verhaal van onbeantwoorde liefde, soeke na sukses, aftakeling en vervulling het vol sale by Aardklop, die KKNK en die Woordfees gelok. Nou is dit die beurt van Kaapse gehore om die stuk tot Saterdag 31 Oktober in 3D, volkleur en kringklank in die Baxter-teater te sien.

Irina Arkadina (Sandra Prinsloo), ’n suksesvolle aktrise wat weet haar geluk – en lyf – gaan nie vir ewig hou nie, breek weg vir ’n kort vakansie op haar broer, Pjotr Sorin (Marius Weyers), se plaas. Aan haar sy is die skrywer Boris Trigorin (Alyzzander Fourie), ’n forse man … met ’n wandelende oog. En dan is daar Irina se seun, Konstantin Treplyov (Albert Pretorius), wat smag na ’n meisie wat hom nie wil hê nie en roem wat hom nie beskore is nie. Voeg hierby ’n fladderende nimf (Rolanda Marais), ’n plaasbestuurder (Deon Lotz) sonder ’n grein emosionele intelligensie, ’n buierige tienerdogter (Cintaine Schutte) wat enige ouer na die bottel sal laat gryp, en jy begin die prentjie kry.

Dan is daar ook die orige onderwyser (Geon Nel) en die erg onbeholpe dokter (Gerben Kamper), en vodka … baie vodka.

Bekende, menslike emosies soos verlange, versugting, hoop, en doodloopstrate word tydloos verwoord deur Tsjekof in hierdie stuk en met Charl-Johan Lingenvelder se baie slim klankbaan en kostuums wat elke karakter net soveel meer tot sy reg bring, word Die Seemeeu ’n drama vir 2015 in Kaapstad, en spreek dit kwessies aan waarvan ons elke dag in die dagblaaie lees.V

Kaartjies kos tussen R80 en R150 is is by Computicket beskikbaar

You need to be Logged In to leave a comment.