Tog is dit die angservaring wat 12 kerkgangers by die Sarepta VGK se Silversands-wyk in Ou Nooiensfonteinweg, Kuilsrivier verlede Vrydag moes deurmaak toe twee gewapendes die kerk binnegestorm het.
“Die een het sy pistool uitgehaal en ons daarmee begin dreig. Ons moes ons motorsleutels oorhandig of hy sou ons skiet,” vertel Cloete van dié traumatiese ervaring.
“Nadat die sleutels oorhandig is, moes ons ons selfone ook nog aan hulle oorhandig.
Die sleutels is aan die rowers gegee en hulle het met al die gesteelde kerk- en motorsleutels sowel as selfone op die vlug geslaan. Die aanvallers is met twee van die kerklede se motors weg. Een van die motors, ’n spierwit en splinternuwe Hyundai, behoort aan Cloete wat hy ’n maand gelede aangekoop het.
“Ons het ’n vriend gekontak wat toe die polisie ontbied het.” Cloete sê niemand is tydens die voorval beseer nie.
Net een van die gesteelde motors is sover teruggekry. Die voertuig is kort ná die voorval verlate op die R300-snelweg gekry.
Die batebestuurspan sowel as die wyk se kerkraad het met sekerheidsmaatskappye vergader, sê Jeffrey.
“Nuwe veiligheidsaspekte sal ook vandeesweek geïmplementeer word. Ongelukkig kan die wykskerkraad nie die veiligheidsmaatreëls bekend maak nie, aangesien dit dan die veiligheid van die gemeente in gedrang kan bring,” sê Jeffrey.