Twee Kraaifontein-tieners is vannoggend gruwelik vermoor in ’n voorval wat vermoedelik verband hou met bendegeweld in Scottsdene.
Lt. Wayne Theunis, ’n polisie woordvoerder het bevestig dat die tieners, een seun en een meisie gesterf het, nadat hulle deur hul aanvallers aan die brand gesteek is.
“Die ondersoek is tans in ’n baie sensitiewe stadium, maar ons kan bevestig dat daar al talle verdagtes in hegtenis geneem is,” sê hy.
Theunis het gesê dat meer inligting bekend gemaak sal word namate die ondersoek vorder.