Die tienerseun wat daaraan skuldig bevind is dat hy in 2023 die veertienjarige Naeema Marshall in Eersterivier doodgeskiet het omdat sy hom nie wou soen nie, is gister in die Blue Downs-hof tot tien direkte tronkstraf gevonnis.

Die vyftienjarige skieter het op die noodlottige dag, 17 Julie,  die oorledene genader en vir ‘n soentjie gevra. Toe sy weier het hy ‘n vuurwapen gaan haal en haar in haar tannie se huis, waar sy toe gekuier het, gaan skiet. Hy het van die toneel gevlug, maar is die volgende dag aangekeer.

Die polisie het na die uitspraak in ‘n verklaring die ondersoekbeamptes, veral lede van die provinsiale teen-georganiseerde misdaad-en teen-bende-eenhede en aanklaers geloof vir harde werk. “Hulle het ‘n sterk saak gebou deur bewyse en ooggetuie-verklarings in kry en voor die hof te bring. Die saak is bo redelike twyfel bewys,” lui die verklaring.

Die veroordeelde tiener se naam word weerhou omdat hy minderjarig is.

You need to be Logged In to leave a comment.