Terreur tref Suidooster

Kommer heers oor die toekoms van die Suidooster-sentrum. Hierdie eens lewendige middelpunt van die gemeenskap word tans geteister deur vandale, diefstal en daaglikse inbrake.


Kommer heers oor die toekoms van die Suidooster-sentrum. Hierdie eens lewendige middelpunt van die gemeenskap word tans geteister deur vandale, diefstal en daaglikse inbrake.

Dis die tweede aanval op ’n fietsryer in enkele dae in die Durbanville-omgewing júís in ’n tyd wat tientalle fietsryers die paaie aandurf om vir groot fietsrybyeenkomste soos die Kaapstad-fietstoer te oefen.

Swart is waarskynlik sy lewe daaraan te danke dat twee ER24-ambulanse toevallig daar aangejaag gekom het op pad na ’n ander voorval waarin ’n fietsryer (70) by ’n kruising verder aan op die pad met ’n voertuig gebots het. Dié fietsryer is later oorlede.

’n Ooggetuie wat die twee ambulanse en polisie-vangwa gestop het, Johan Vlooh van Vierlanden, vertel hy het op die R312 op pad na Stellenbosch gery, toe hy die aanval verder aan op die pad langs Fisantekraal – reg langs die Sekondêre Skool Fisantekraal – sien gebeur het. “Ek het die man en sy fiets op die pad sien lê en gesien hoe die aanvaller hom slaan. Toe ek daar aankom het die man – hy het ’n blou hemp aangehad – langs die draad af in Fisantekraal in gehardloop.

“Die fietsryer het met sy gesig in ’n plas bloed gelê en het swaar asem gehaal. Hy het bewusteloos gelyk. Ek was te bang om hom te verskuif, maar op daardie oomblik het twee ambulanse en ’n polisie-vangwa in die pad aangejaag gekom. Hulle was op pad na ’n ongeluktoneel, maar ek het in die pad gaan staan en hulle gestop. Een het agtergebly en dadelik noodbehandeling op die man begin toepas en hom hospitaal toe geneem. Hulle was wonderlik.”

Volgens Vlooh het hy die polisie vertel in watter rigting die aanvaller gehardloop het. ’n Polisiebeampte is te voet agterna, terwyl die vangwa omgedraai en in Fisantekraal ingery het op soek na die verdagte. Hulle kon hom egter nie vind nie. Volgens Vlooh het daar toe nog so agt, tien mense uit die bosse gekom en hy het Swart se fiets in sy bakkie gelaai en dit hospitaal toe geneem.

Swart het erge beserings opgedoen en is steeds in die hoësorgeenheid van die Mediclinic Durbanville.Volgens sy seun, Wihan, is sy neus, beide oogbanke en wangbene gebreek. Hy het effens bloeding en swelling op die brein, asook op sy regterlong. Hy het ook ’n skouerbeen, sy regtersleutelbeen op twee plekke, onder meer ook uit die skouerbeen, en sewe ribbes gebreek. “Hy is gister (Maandag) geopereer om die wond aan sy voorkop te heg. Die dokters is positief dat die bloeding en swelling in sy brein en regterlong geen permanente skade sal laat nie,” het Wihan op sy Facebook-blad gesê.

“Ons as familie wil almal bedank vir hul boodskappe en goeie wense. Ons glo die Hemelse Vader hou sy hand van beveiliging oor hom,” het hy gesê.

Wihan het ook op sy Facebook-blad die noodpersoneel bedank. “Ons wil vir Johan Floors en Denise Smit hartlik bedank vir hul vinnige optrede en bystand.”

Swart se broer, JC Swart, skoolhoof van die Laerskool Durbanville, het hom ook na die toneel gehaas. Hy was ontsteld oor die polisie hom Sondagaand nie eens ’n saaknommer kon gee nie.

You need to be Logged In to leave a comment.