Ek is oningelig, maar dit voel verkeerd dat taxi’s nou daagliks in woongebiede ry en die spoedbeperking oortree waar kinders speel en mense stap.
Is mense se oë net toe vir dit wat moontlik verkeerd is?
Hoekom doen mense met meer mag nie iets daaromtrent nie?
Of dalk mag hulle rondjaag in woonbuurt, dan vra ek om verskoning.
Jacoba Horn, Durbanville



