Taxi-bestuurder ry verkeers-beampte ‘opsetlik’ om

‘n Minibus-taxi het om ongeveer 09:00 vanoggend (Woensdag) ‘n verkeersbeapmte aan diens omgery nadat die beampte aan hom gewys het om te stop.


‘n Minibus-taxi het om ongeveer 09:00 vanoggend (Woensdag) ‘n verkeersbeapmte aan diens omgery  nadat die beampte aan hom gewys het om te stop.

Die beampte was besig om diens te doen by die verkeerskruising by Robert Sobukwe- en Bellrail-weg naby die Bellville-taxistaanplek.

“Die beampte het aan die taxibestuurder gewys om die voertuig tot stilstand te bring. Die bestuurder het egter versnel en die beampte omgery,” sê Maxine Jordaan, woordvoerder van die Stad se verkeersdienste.

“Die bestuurder is in hegtenis geneem en na die Bellville-polisiekantoor gebring. ‘n Saak van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en roekelose en nalatige bestuur word ondersoek,” sê Jordaan.

Volgens haar is die beampte se toestand stabiel en ontvang die beampte behandeling by ‘n nabygeleë hospitaal.

You need to be Logged In to leave a comment.