Twee leerders van die Laerskool Mikro se kunswerke is gekies om deel van Santam se aanlynkunsuitstalling volgende jaar te wees.
Die bloues, rooies en geles het mekaar die stryd aangesê by die Laerskool Mikro se interhuis-atletiekbyeenkoms die afgelope Saterdag. Die blouspan was bobaas op die baan en op die pawiljoen.