Stellenberg het die atletiek gewen terwyl DF Akademie koning gekraai het op die pawiljoen deur beide die Flashes- en Geesbeker op te raap.
In die senior afdeling is AJ Weyers en Nicola Swift as onderskeidelik die victor en victrix ludorum aangewys. Lianéy Vermeulen en Neil Sadie was die beste junior atlete.