Sal die bendegeweld wat ons gemeenskappe teister, ooit stop?
Ek twyfel, maar iewers moet iets gedoen word. Dis hartseer dat ons moet lees oor ’n 14-jarige seun, wat op pad na sy skool, enkele meters vanaf sy huis, doodgeskiet is. Nee, dit kan nie so aangaan nie.
Ek weet daar is persone wat ’n verskil probeer maak, maar ’n ma sit vandag sonder haar kind en ’n klas sonder hul maat. Die hartseerste is, dis nie die eerste of laaste voorval van sy soort nie. Nog kinders gaan in die kruisvuur van bendes beland. Ons regering, die polisie en almal moet begin daadwerklik optree.