Stryd teen misdaad in Brackenfell werk

Nog ’n jaar kom tot ’n einde – ’n jaar gekenmerk aan stygende lewenskostes waarin Jan Alleman gesukkel het om net die kop bo water te hou en die armes nog armer geword het. ’n Natuurlike uitvloeisel hiervan is misdaad.


Nog ’n jaar kom tot ’n einde – ’n jaar gekenmerk aan stygende lewenskostes waarin Jan Alleman gesukkel het om net die kop bo water te hou en die armes nog armer geword het. ’n Natuurlike uitvloeisel hiervan is misdaad.

Sers. Charlene Pieterson ontvang middagetes vir polisiebeamptes by Marian Nieuwoudt.FOTOS: Desirée Rorke

In Brackenfell is tussen April en Junie vanjaar 638 ernstige misdade deur die gemeenskap aangemeld, waaronder 72 kontakmisdade en 152 eiendom-verwante misdade was.

Misdaadbekamping is dus ’n spanpoging tussen die polisie, die private sektor, veiligheidsbedryf en buurtwagte, sê Marian Niewoudt, wykraadslid vir Wyk 8 en voorsitter van die Stad Kaapstad se subraad 2.

Nieuwoudt het die onderskeie plaaslike rolspelers Vrydag persoonlik vir hul diens in Brackenfell bedank en in samewerking met Brackenfell Forum met ’n lekker middagete bederf.

“Dit is ’n gesamentlike missie om Brackenfell veilig te hou. Kyk na al die buurtwag- en ander groepe waar enigiemand enige tyd van die dag ’n klagte of hulpkreet kan aanmeld en dadelik deur private veiligheidsmaatskappye se patrollies daarop reageer word. Hulle is bereid om altyd te help, al is dit nie hul eie kliënte nie,” sê Nieuwoudt.

Alet van der Heever ontvang die middagetes vir patrollielede.

Alet van der Heever, verbonde aan Proteahoogte-Noord-buurtwag en misdaadsektor 2 se subforum, sê Brackenfell sal oorval word deur misdadigers as dit nie vir die samewerking van die private sektor se veiligheidsmense was nie.

“Die buurtwagte is die polisie se oë en ore en ons het ’n goeie verhouding met die private sektor en die polisie. Sonder die gesamentlike poging sou ons misdaadsyfers baie hoër gewees het.”

Volgens van der Heever het misdaad in 2023 ’n effense daling getoon. Dit sluit meestal motordiefstal, diefstal uit motorvoertuie en inbrake in.

Misdaadsyfers toon tussen April en Junie vanjaar het 47 inbrake in Brackenfell plaasgevind – 34,7% minder teenoor verlede jaar in dieselfde kwartaal.

Ook motordiefstal het met 29,7% gedaal tot 26 sake. In dié kwartaal is 62 sake van diefstal uit motorvoertuie of diefstal van motorvoertuie aangemeld, insluitend wanneer wiele gesteel is – ’n 8,8%-daling teenoor verlede jaar.

Van der Heever skryf die suksesse toe aan die gesamentlike poging tussen die gemeenskap, die private sektor en die polisie om misdaad die stryd aan te sê.

You need to be Logged In to leave a comment.