Die Stadskoor Tygerberg is tans druk aan die oefen vir sy jaarlikse galakonsert, wat op Sondag 3 Augustus om 16:00 by die NG kerk De Tyger in Parow, die koor se tuiste, aangebied word.
Op Sondag 17 Augustus word nog ‘n konsert by die NG kerk Suider-Strand aangebied.
Peter Roux, koorleier, het vir hierdie twee konserte met die tema “As long as I have music”, ‘n variasie van sekulêre en gewyde liedere gekies.
Die tema kom van een van die liedere wat gesing gaan word en vat die betekenis van musiek as ‘n bron van krag, hoop, vertroosting en inspirasie saam. “Exsultate justi in Domino” deur Brant Adams, “Yesterday” deur John Lennon en Paul McCartney, “You’ve got a friend” (Carole King), “Autumn Leaves” (Joseph Kosma), “Asimbonanga” (Johnny Clegg), en “Cantique de Jean Racine” (Gabriel Fauré) is enkele van die ander liedere op die program.
Dit is net die regte resep om ‘n Sondagmiddag se winterkoue mee te verdryf.
Verskeidenheidskonsert
As deel van hul gemeenskapsbetrokkenheid bied die koor vanjaar weer ‘n verskeidenheidskonsert aan ten bate van die AGS Care Village in Kuilsrivier.
Hierdie konsert vind op Sondag 14 September om 15:00 in die NG kerk Kuilsrivier (Moederkerk) in Van Riebeeckweg plaas.
. Kaartjies vir die galakonserte kos R180 (R150 vir pensioenarisse en studente). Kontak Suzette van Wyk by 083 263 9335 of jfsmvanwyk@gmail.com vir besprekings.
. Kaartjies vir die verskeidenheidskonsert (in September) kos R120. Bespreek by Van Wyk of Marlene Cross by 073 433 4227.
. Die koor verwelkom graag nuwe lede en het veral ‘n behoefte aan mansstemme. Bel Peter Roux by 083 535 3707 met navrae.




You must be logged in to post a comment.