Die kinders van Little Grapes Playground was gretig om met die nuwe speelgoed te speel.
Die kinders van Little Grapes Playground was gretig om met die nuwe speelgoed te speel.

Die Laerskool Mikro se “Leerders-Wat-Omgee” en MK50, die skool se ondersteuningsnetwerk, het verlede week die kinders van Little Grapes Playground, ‘n vroeëkinderontwikkelingsentrum op Zevenwacht-plaas, se gesiggies met die aflewering van opvoedkundige speelgoed laat ophelder.

Die speelgoed is deel van ‘n groter skenking wat Eureka DIY aan Solidariteit se maatskaplikewerkersnetwerk gemaak het.

Tania Beka, skoolhoof van Little Grapes, wat deur die Zifumane Foundation bestuur word, was saam met die kinders baie opgewonde oor hierdie vroeë Kersgeskenk. Pizza Perfect het boonop vir pizza gesorg. Die leerders en kleuters het heerlik saam gekuier.

LWO leerders Laerskool Mikro
LWO-leerders van die Laerskool Mikro en Leana Sutherland (maatskaplike werker).
LWO leerders Laerskool Mikro
Liané Oosthuizen, Leandré Frey en Jana Lerm van die Laerskool Mikro speel saam.
Foto van oorhandiging
Leana Sutherland (maatskaplike werker: Laerskool Mikro) en Tania Beka (skoolhoof: Little Grapes Playground)
Van links is Wesley du Plessis (MK50-lid), Selina Mutombo (bestuurder: Pizza Perfect Cobble Walk), Tania Beka (skoolhoof: Little Grapes Playground) en Leana Sutherland (Laerskool Mikro se maatskaplike werker).

Foto van leerder en kinders
Liané Oosthuizen
Foto van leerder en een van die kinders
Layla Lewis van die Laerskool Mikro is hier by een van die kinders.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article