Ses mense, waarvan vier kinders, het gisteraand (30
Junie) in ’n plakkershut in Wallacedene in Kraaifontein doodgebrand.
Een volwassene het die brand oorleef en is na ’n nabygeleë
hospitaal vir behandeling vervoer.
Theo Layne, woordvoerder van die Stad Kaapstad se
reddingsdienste, het bevestig dat die brand om ongeveer 23:00 by die
plakkershut in Motlanthe Straat begin het.
“Daar is bevind dat die brand veroorsaak is deur ’n
verwarmer wat binne die plakkershut onbewaak aangelos is,” het hy gesê.
“Een seun, drie meisies en twee volwassenes is dood in
die brand en ’n volwasse vrou is by ’n hospitaal vir brandwonde en
rookinaseming behandel,” het hy gesê.
Dis onseker of die oorledenes familie was.