Dit is onverstaanbaar dat die bestuur van Jack Mullerpark so min konstruksie-kennis het dat hulle al 10 jaar sukkel om die waterprobleem by die noordpaadjie op te los.
Vir enige probleem behandel jy nie die gevolge nie, maar die oorsaak.
Baie duisende werksure en rande is oor die jare gespandeer om die paadjie te “herstel”, terwyl die probleem lê by die verstopte waterafvoerpype wat die water deur dreine moet weglei. Hulle vererger dit selfs deur syferwater wat van die N1-kant af vloei, na die paadjie toe te herlei, alhoewel water altyd afwaarts loop.
In hulle jongste, langdurige poging, maak hulle weer die paadjie reg sonder om die wegvoerpype en dreine van onder af oop te maak (met bv. ‘n toiletpypontstopper).
Met al die geld wat hulle sover gemors het, kon hulle al die paadjie en die hele stelsel vervang het met groter pype. Hulle kon ook die breë wespaadjies gesement het, want dit bly ongelyke koffieklip, terwyl die binnepaadjies (wat minder gebruik word) sement is.
Waarnemer, Bellville


