SBA maak ’n verskil met projekte

Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het verlede Saterdag by ’n geleentheid by die US Woordfees op Stellenbosch van hul projekte gevier.


Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het verlede Saterdag by ’n geleentheid by die US Woordfees op Stellenbosch van hul projekte gevier.

Genooide gaste, borge, direkteure en die media kon die begunstigdes van die SBA se projekte ontmoet en luister na die suksesse.

Die projekte wat tans suksesvol deur die SBA gedryf word, sluit in verskeie leesprojekte wat bestaan uit onder meer handboekvertalings in dans en drama, die saamstel van ’n landboubestuurshandboek en die brailleer van voorgeskrewe werk.

Op die gebied van slypskole en mentorskap is daar die Brugbou-mentorskapsprojek wat leerders met universiteitspotensiaal help om die gaping tussen skool en universiteit te oorbrug. Slypskole in kreatiewe skryfkuns, leierskap, sprekervaardighede en kommunikasie asook finansiële verantwoordelikheid word ook aangebied.

Die SBA bied ook beroepsvoorligting en hulp met vakkeuses aan, asook ’n wiskundekongres vir onderwysers.

Kunste-ontwikkeling kry ook baie aandag met ’n dramaverrykingsprogram vir leerders met toneelspeltalent.

Teaterbywoning word ook aangemoedig, selfs ’n opvoering word in gebaretaal getolk, terwyl unieke streekstories bevorder word.

You need to be Logged In to leave a comment.