Nanda Brits, die bestuurder van die Ruyterwacht Senior Sentrum.
Nanda Brits, die bestuurder van die Ruyterwacht Senior Sentrum.

Credit: SYSTEM

Die jaar staan vinnig na die einde toe, en by die Ruyterwacht Senior Sentrum is daar steeds baie om te doen. Tog begin die span elke dag met dankbaarheid — vir hul vriende, donateurs, vrywilligers en personeel wat deur die jaar getrou bydra tot die sentrum se sukses.

Volgens Nanda Brits, bestuurder van die sentrum, sal Oktober en November spesifiek gefokus word op die sentrum se Kerskospakkie-projek vir Desember. “Ons gee elke jaar ‘n kospakkie aan elke lid van die sentrum en hou ‘n feestelike Kersete voordat ons vir die vakansie sluit,” verduidelik sy.

Aangesien die sentrum gedurende Desember gesluit is en daar dus nie etes bedien kan word nie, speel die kospakkies ‘n groot rol om seker te maak dat elke lid steeds iets op hul tafel het. “Ons vra die gemeenskap se hulp om die items op ons lys in te samel, of om ‘n kontantskenking te maak sodat ons self aankope kan doen van wat te kort is,” sê Brits.

Die Kersete beloop R60 per persoon, en enige borge of donasies om dit moontlik te maak, word met groot dank aanvaar. Op aanvraag kan die sentrum ook ‘n Artikel 18A-sertifikaat voorsien vir belastingdoeleindes.

Donasies van nie-bederfbare produkte — soos kookolie, blikkieskos, mieliemeel, koffie, suiker, sopmengsels en basiese higiëneprodukte — kan by die sentrum se kantoor afgelewer word teen Vrydag 5 Desember by Grensstraat 62A, Ruyterwacht.

“Met elke pakkie wat ons uitdeel, gee ons nie net kos nie, maar ook ‘n bietjie liefde, sorg en waardigheid aan die seniors wat vir jare die ruggraat van ons gemeenskap was,” sê Brits.

. Kontak die programkoördineerder by rwssoffice@gmail.com.

LEES OOK: Goodwood-polisiekantoor heropen slagofferondersteuningskamer

You need to be Logged In to leave a comment.