Ruyterwacht Senior Sentrum kry rolstoele en looprame

Die Ruyterwacht Senior Sentrum het onlangs ’n skenking van 10 rolstoele en 10 looprame ontvang – ’n gebaar wat groot verligting vir hul lede bring.


Die Ruyterwacht Senior Sentrum het onlangs ’n skenking van 10 rolstoele en 10 looprame ontvang – ’n gebaar wat groot verligting vir hul lede bring.

“Die skenking is moontlik gemaak deur Chris Willemse van die NG kerk Kenridge. Hulle het drie jaar gelede begin met die rolstoelprojek en het aan enige behoeftiges geskenk,” sê Nanda Brits, bestuurder van die Ruyterwacht Senior Sentrum.

Hulle het later besluit om instansies te nader soos Ruyterwacht Senior Sentrum waar daar beheer uitgeoefen kan word.

“Twee jaar gelede het Willemse ’n leraar by die NG kerk Kenridge gekontak en hy het ons aanbeveel. Ons het al voorheen skenkings van Melville Distributors ontvang. Dis die naam van die liefdadigheidsorganisasie wat die projek dryf,” vertel Brits.

Hulle het 10 rolstoele en 10 looprame geskenk. “Meer 95% van ons lede ontvang slegs Sassa-pensioen en kan nie ’n rolstoel of loopraam bekostig nie. Baie van ons lede het ook oor die jare verswak en weens hul gesondheid kan hulle nie meer die risiko neem om rond te beweeg nie. Die looprame en rolstoele sal ons lede weer in staat stel om hul lewensgehalte te verbeter,” verduidelik Brits. Sy sê die sentrum is opreg dankbaar vir hierdie skenking. “Dit beteken geweldig baie vir ons lede.”

You need to be Logged In to leave a comment.