Die rugby-bekende Herbert “Mannetjies” Viljoen (91), een van
die oudste spelers van die NTK-rugbyklub in Parow-Noord, is verlede week
oorlede.

Arthur Reichhardt, komiteelid, sê Viljoen is verlede
Woensdagoggend vreedsaam oorlede. Viljoen was ’n oud-leerder van die destydse
Hoërskool JJ du Preez (vandag Hoërskool Parow) en het vroeg reeds sy
rugbyloopbaan begin, sê Reichhardt.

“Oom Mannetjies het jare vir Noordelikes (NTK-rugbyklub)
gespeel direk ná skool. Eers vir die o.19-rugbyspan deur tot in die eerste
span. Hy was ook kaptein van die eerste span nader aan die einde van sy
loopbaan.

“Hy het ook vir die Westelike Provinsie (WP) gespeel en een
van sy hoogtepunte was toe hy vir die WP teen die Britse en Ierse Leeus gespeel
het. Hy het sy hele loopbaan haker gespeel.

“Ná sy rugby-dae het hy by die klub afgerig en ook as ‘n
spanbestuurder opgetree. Hy was ook ‘n spanbestuurder by die WP,” sê Reichhardt.

You need to be Logged In to leave a comment.