Roudiens vir polisieman gehou

Die roudiens vir konst. Fezile George Ham (38), die polisieman wat op Donderdag 27 Oktober op die Bellville-treinstasie gesterf het toe’n trein hom getref het…


Die roudiens vir konst. Fezile George Ham (38), die polisieman wat op Donderdag 27 Oktober op die Bellville-treinstasie gesterf het toe’n trein hom getref het, word op Vrydag 4 November om 10:30 in die St. Andrews-kerk in Somersetweg in Groenpunt gehou.

Hy word op 12 November om 07:00 in Oos-Londen in die Oos-Kaap begrawe.

In sy laaste WhatsApp-boodskap aan sy waarnemende bevelvoerder, kapt. Kobus du Toit van die afdeling van verlore goedere by Kaapstad se Sentraal-polisiekantoor, het hy op die oggend van sy noodlottige ongeluk laat weet dat die treine laat is en dat hy nie betyds vir diens sal aanmeld nie.

Volgens kapt. Ezra October, woordvoerder van dié polisiekantoor, word hy deur sy kollegas as ’n ware vriend, ’n man van sy woord, ’n man van integriteit en ’n trotse polisieman wat lief was vir sy werk, beskryf.

Ham laat sy bejaarde ouers en twee kinders agter.

You need to be Logged In to leave a comment.