Ek wil my frustrasies lug oor die huiseienaars en die munisipaliteit wat dink dit is hul reg om die sypaadjes waar voetgangers moet loop vol rotse te laat pak en nie omgee oor die veiligheid van voertuigbestuurders asook die voetgangers wat die sypaadjies wil gebruik nie.
Dit is teen die munisipale regulasies dat die sypaadjie toegepak word met klippe.
Dit veroorsaak onveiligheid vir die publiek, asook vir die voertuigbestuurders.
Neem aksie teen hierdie onwettige optrede van die eienaars, veral in Stellenberg se systrate.
M.C. Laubscher, Stellenberg




