RESEP | Tortilla-broodjies

Hierdie tortilla-broodjies val in die meeste kinders se smaak – en jy kan die vulsel ook aanpas.


Hierdie tortilla-broodjies val in die meeste kinders se smaak – en jy kan die vulsel ook aanpas.

Bestandele

  • 1 tortilla
  • 10 ml pesto of mayonnaise
  • 2 snye ham
  • 1 klein tamatie, gesny
  • 80 ml cheddarkaas, gerasper
  • 1 knippie sout en gemaalde swartpeper

Metode

  1. Sit die tortilla op ’n groot bord en smeer die pesto of mayonnaise oor.
  2. Stapel die ham en tamatie oor die een helfte van die tortilla en sprinkel die kaas oor. Gooi die sout en peper oor en vou toe sodat die tortilla soos ’n halfmaan lyk.
  3. Rooster aan albei kante in ’n pan op die stoof, totdat die kaas gesmelt het en die tortilla goudbruin is. Laat afkoel, sny in twee en plaas in die kosblik.

You need to be Logged In to leave a comment.