Hierdie feestyd vra vir ’n verfrissende somer-sangria!

Geniet die seisoen se steenvrugte met ’n tikkie vlierblom en jou gunsteling SA vonkelwyn.

Bestanddele:

  • 750 ml (3 koppies) van jou gunsteling-rosé-wyn
  • 750 ml (3 koppies) van jou gunsteling-vonkelwyn
  • 750 ml (3 koppies) sodawater of limonade
  • 250 ml (1 koppie) vlierblom-stroop
  • 200 g aarbeie
  • 6 appelkose, gehalveer
  • 3 nektariens, gehalveer
  • 3 perskes, gehalveer
  • Kruisement, vir garnering
  • Eetbare blomme, vir garnering
  • Ys

Metode:

Meng al die bestanddele saam en voeg al die vrugte, kruisement en eetbare blomme by vir garnering. Skink yskoud – natuurlik met baie ys!

Bron: foodloversmarket.co.za; resep vertaal.

You need to be Logged In to leave a comment.