Rekenaardiefstal geen Aprilgrap

Vir mense wat gewonder het of dit ’n Aprilgrappie was: dit was nié. Biblioteekdienste in Durbanville was vir meer as ’n week lam gelê nadat diewe oor Paasnaweek ingebreek en […]


Vir mense wat gewonder het of dit ’n Aprilgrappie was: dit was nié.

Biblioteekdienste in Durbanville was vir meer as ’n week lam gelê nadat diewe oor Paasnaweek ingebreek en vyf rekenaars gesteel het.

Volgens sosiale media het ’n vrou gesê sy wou gaan boeke uitneem, maar kon nie, omdat die rekenaars toe pas gesteel is.

Die rekenaars, almal dié op die ingee-en-uitleentoonbank, is vermoedelik op Sondagmiddag 1 April gesteel nadat toegang verkry is deur ’n venster aan die kant van Koebergweg te verwyder, het kol. Theo Fisher, woordvoerder van die Durbanville-polisie, gesê.

Hoewel die alarm geaktiveer moes gewees het, was die diewe waarskynlik reeds vort toe die sekerheidsmaatskappy daar opgedaag het.

Die diefstal is die Maandagoggend ontdek toe die personeel die biblioteek weer oopgesluit het. 

Die waarde van die rekenaars beloop sowat R55 000.

Volgens inligting is die rekenaars die afgelope Woensdag met nuwes vervang en is alles terug na normaal.  

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, het Fisher gesê.

 Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.